Module-inhoud |
Semester 1 Die proses van ontwerp deur integrasie van die inhoud van ondersteunende modules. Begrip en ondersoek van stadsvorm, stads- en terreinekologie. Terreinbeplanning, ondersoek van multi-kompleksiteite op voorstedelike en streekskaal wat ekologiese, ekonomiese en sosiale beplanningsaspekte insluit. Ontwerp: ontwikkeling van raamwerke en meesterplanne binne streekkonteks. Vaardighede: tegnologies gesteunde reprografiese tegnieke, kompetisies en uitstallings, besluitneming en tydsbeplanning. Semester 2 Die produk van ontwerp deur die integrasie van die inhoud van ondersteunende modules. Ondersoek van detail stadsekologie, ekonomiese en sosiale aspekte en historiese en kulturele omgewings. Terreinbeplanning: interdissiplinêre probleemoplossing met die klem op terreinontwerp en volhoubare en toepaslike tegnologieë. Ontwerp: komplekse detailontwerp en sketsplanne met tegniese dokumentasie. Volle koördinasie met KON 320. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App